Skip to content

Vitamien D-tekort, depressie en diabetes verhoog die risiko van vroeë-aanvang demensie

# ‘n Onlangse studie onthul dat ʼn tekort aan vitamien D, depressie en diabetes onder verskeie gesondheidskwessies tel wat die risiko van vroeë-aanvang demensie verhoog. Volgens navorsers weerspreek dit die konsep dat genetika die enigste oorsaak is. Navorsing in die Verenigde Koninkryk waarby meer as 350-duisend individue betrek is, dui daarop dat hierdie toestande kan lei tot simptome van demensie wat voor die ouderdom van 65 voorkom. Ander bydraende faktore sluit onder andere in alkoholmisbruik, beroerte en gehoorgestremdheid. Die studie dui daarop dat indien daar op hierdie geïdentifiseerde faktore gefokus word, kan dit die risiko verminder.