Skip to content

Virgin Atlantic oorweeg uitbreiding van Kaapstad-vlugte in 2027

# Die moontlikheid bestaan dat Virgin Atlantic in 2027 regdeur die jaar daaglikse vlugte sal instel tussen Kaapstad en Londen-Heathrow. Tans word vlugte slegs seisoenaal vir ses maande onderneem. Die uitvoerende hoof, Shai Weiss, sê ‘n groter vraag vanaf Kaapstad se groeiende sakesektor, insluitend semigrasie en innovering, kan vlugte heeljaar lewensvatbaar maak. Hy sê terwyl die Britse lugdiens 20-jaar van Kaapstad-vlugte vier, gaan hy ook voort om werkskepping, ekonomiese groei en landbou-uitvoere te ondersteun, insluitend die vervoer van vars produkte soos bloubessies na die Verenigde Koninkryk.