Skip to content

Geregtigheid gevra nadat veiligheidswag glo drie mense in Pretoria skiet

# ʼn Betoging word vandag buite die Pretoriase Streekshof gehou waar ʼn veiligheidswag verskyn wat na bewering twee volwassenes en ʼn sesjarige kind buite die Eastwood-taverne geskiet het. Die polisie sê ʼn groep sokkerondersteuners het in twee voertuie op die parkeerterrein aangekom na ʼn wedstryd op Loftus Versfeld. Gauteng se polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê ʼn gewapende veiligheidswag het die groep gevra om hulle musiek sagter te draai. ʼn Skermutseling het ontstaan en die wag het na bewering verskeie skote gevuur en die drie gewond.