# ‘n Hof in Viëtnam het 27 mense ter dood veroordeel nadat hulle skuldig bevind is aan handel in meer as 600-kilogram dwelms, waaronder heroïne, ketamien en tik. Die bendeleier en berugte vroulike misdaadbaas, die 67-jarige Vu Hoang Anh, was onder dié wat ter dood veroordeel is. Die bende met 35 lede het tussen Maart 2018 en November 2022 dwelms gesmokkel van Kambodja na Viëtnam. Die agt lede wat nie die doodstraf gekry het nie, is tussen 20 jaar en lewenslank tronk toe gestuur na ‘n verhoor van vier dae in Ho Chi Minh-stad.
Viëtnamese hof lê 67-jarige vroulike misdaadbaas en 26 bendelede doodstraf op vir dwelmhandel