Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Vierde beskuldigde in die Joslin-saak laat vaar borgtogaansoek

# Die vierde beskuldigde in die verdwyning-saak van Joslin Smith, het haar borgtogaansoek laat vaar. ‘n Buurvrou van die gesin, Lourentia Lombaard, het vanoggend in die Landdroshof in Vredenburg verskyn op aanklagte van mensehandel en ontvoering. Die ses-jarige meisie het vandag vyf weke gelede by haar huis in die Middelpos-informele nedersetting in Saldanhabaai verdwyn. Lombaard se saak is tot 13 Mei uitgestel, wanneer sy saam met Joslin se ma, Kelly, haar kêrel en nog ‘n man in die hof sal verskyn.