# Vier mense is in Mpumalanga dood in ‘n trompopbotsing tussen ‘n ligte afleweringsvoertuig en ‘n motor. ‘n Woordvoerder van die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekerheid en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die slagoffers, waaronder ‘n kind, was almal passasiers in die motor. Hulle is op die toneel dood. Albei bestuurders het ernstige beserings opgedoen en is na die Bethal Provinsiale Hospitaal gehaas. Die vermoede bestaan dat een van die bestuurders weens nat weer beheer oor die voertuig verloor en die ongeluk veroorsaak het.