# Vier mense het vroeg vanoggend gesterf in ‘n trompop botsing tussen ‘n ligte motorvoertuig en ‘n bakkie op die R61, in Tsomo in die Oos-Kaap. Arrive Alive sê drie insittendes in die ligte motorvoertuig, twee mans en ‘n vrou, was vanaf Cofimvaba op pad toe hulle voertuig gebots het teen die bakkie wat van die Engcobo-kant af gekom het. Die bestuurder van die bakkie het ook gesterf. Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog onbekend. Die plaaslike polisie het ‘n saak van strafbare manslag geopen.