# Vier Israelse soldate is dood en meer as 60 mense is beseer in ʼn Hizbollah-hommeltuigaanval op ʼn weermagbasis die noorde van Israel. Die Libanese militante groep sê die aanval naby die stad Binyamina is uit wraak ná Israelse aanvalle op Beiroet verlede Donderdag waarin 22 mense dood is. Die IDF sê hy sal uitvind hoe die hommeltuig die basis bereik het sonder dat ʼn alarm afgaan. Hierdie aanval volg byna twee weke nadat Israel ʼn grondaanval in die suide van Libanon uitgevoer het.
Vier Israelse soldate sterf in Hizbollah-hommeltuigaanval