# Vier beweerde mensehandelaars tussen die ouderdom van 19 en 40 sal vandag in die Pretoria Landdroshof verskyn. Die verdagtes is in Sunnyside gearresteer, nadat inligting ontvang is van ‘n 17-jarige slagoffer wat seksueel uitgebuit word en wat volgens berigte in Maart verlede jaar die huis verlaat het. Die minderjarige en nog ‘n 25-jarige slagoffer is gered. Twee van die vier verdagtes is sedert 2019 voortvlugtig. Hulle word na bewering verbind met nog ‘n mensehandel-saak wat tans voor die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria dien.