# Die Vryheidsfront Plus waarsku oor ‘n moontlike belastingboikot as daar verdere belastingverhogings is, maar geen ekonomiese groei en geen verbetering in dienslewering nie. Dit volg na die goedkeuring van die 2025/2026 nasionale begroting gister in die Nasionale Vergadering wat ’n omstrede 0,5-persent BTW-verhoging insluit. Die VF Plus sê verhoogde belasting is teenproduktief en bloot ‘n desperate korttermynmaatreël wat uiteindelik die land dieper in ‘n finansiële krisis sal dompel.
VF Plus waarsku oor belastingboikot en sê BTW-verhoging is nie werkbaar nie