Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

VF Plus vra vir gelyke behandeling voor die reg vir Mapisa-Nqakula [KLANK]

# Die Vryheidsfront Plus is ten gunste van ‘n mosie van wantroue teen die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Dis die party se standpunt nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar aansoek vir ʼn tussentydse interdik teen haar inhegtenisneming van die hand gewys het. Bewerings van omkopery tydens haar tydperk as die minister van Verdediging en Militêre Veterane word ondersoek. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê niemand, met inbegrip van hooggeplaaste amptenare, is bo die wet verhewe nie. Groenewald versoek die speaker om te bedank om die integriteit van die Parlement te beskerm:

AFR GroenewaldOnSpeaker