Skip to content

VF Plus vra Ekurhuleni om toe te sien die water-toepassing werk behoorlik

# Die Vryheidsfront Plus het die Ekurhuleni-metro versoek om toe te sien dat watermeterlesings wat verbruikers op die MyCoE-app intik, akkuraat geregistreer word om frustrasie te voorkom. Die party sê wanneer die stelsel reg werk, laat dit verbruikers toe om die selfdienswaterbestuurstelsel gerieflik van hulle huise af te gebruik deur eenvoudig hulle lesings op die toepassing in te tik. Die metode skakel tussentydse en geraamde lesings uit. Die VF Plus sê hy steun innoverende tegnologie solank dit net werk.