Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

VF Plus sê meer beheer moet uitgeoefen word oor Tshwane se spysenieringsuitgawes

# Die Vryheidsfront Plus sê hy steun die besluit van Tshwane se stadsbestuurder, Johan Mettler, om kostebesparende maatreëls in te stel vir spysenieringsuitgawes. Luidens ’n verslag deur die Tshwane Metroraad se Openbare Rekeninge-komitee is ’n bedrag van 119-duisend-270-rand uit die uitgekontrakteerde spysenieringsbegroting vir die 2021/2022-boekjaar aan Nendou Trading toegeken sonder voldoende toesig. Die VF Plus sê dit beklemtoon ‘n gebrek aan deursigtigheid in tenderprosesse, want fakture en kwotasies vir uitgawes, soos deur standaardprosedure vereis, is nie verskaf nie.