Skip to content

VF Plus-leier doen beroep op Suid-Afrikaners om die land met hulle stemme te herstel en te herbou

Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, doen ‘n beroep op kiesers om die party te help met die herstel en herbou van die land sodat hulle hoop vir die toekoms kan hê. Groenewald het tydens die party se verkiesingsveldtog in Goodwood, Kaapstad, gepraat. Hy sê die situasie in Suid-Afrika het so versleg dat kinders sand eet net om iets in hulle mae te kry. Werkloosheid staan op 43-persent en 60-persent onder die jeug. Groenewald sê die syfers verteenwoordig mense wat geen hoop of toekoms het nie.