Skip to content

Vetplantdiefstal neem toe in die Wes-Kaap

# Natuurlewe-misdaad, veral vetplant-diefstal, neem toe in die Wes-Kaap. Die provinsie is die tuiste van meer as 52-persent van Suid-Afrika se blomspesies. Dit maak die provinsie ʼn gewilde teiken vir onwettige vetplant-handel, veral na Oos-Asië. Volgens 2023 se Stand van Bioverskeidenheids-verslag het 38-persent van die gevalle in 2022/23 met vetplant-diefstal verband gehou. Cape Nature sê hy het as deel van ʼn geïntegreerde reaksie ʼn projek begin om onwettige handel in vetplante en ernstige natuurlewe-misdaad te bekamp.