# Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, mag gebruik maak van regsverteenwoordiging tydens vervolgingsverrigtinge teen haar in die Parlement. Dit is deel van ‘n uitspraak wat die Konstitusionele Hof vandag gelewer het. Die hof het ook beslis ‘n regter kan in die onafhanklike paneel aangestel word wat ondersoek instel of daar prima facie-getuienis teen Mkhwebane is. Die vervolgingsproses kan nou hervat word.