Skip to content

Vervoerdepartement se direkteur-generaal James Mlawu bedank

# Die Departement van Vervoer se direkteur-generaal, advokaat James Mlawu, het bedank om ander belange na te streef. Hy het in November 2022 by die departement aangesluit. Mlawu sal die voorgeskrewe kennistydperk van drie maande tot 28 Februarie 2025 werk, wat ooreenstem met die Staatsdienswet se voorskrifte en die dienshandboek vir senior bestuur. Minister Barbara Creecy het Mlawu bedank vir sy diens en hom voorspoed toegewens vir die toekoms.