# Die saak teen die woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Oos-Kaap, Sizwe Kupelo, oor bewerings van ʼn vals matrieksertifikaat wat gebruik is om ʼn regeringspos los te slaan, is tot Maart 2025 uitgestel. Kupelo is in April aangekeer en het vlugtig in die Landdroshof in Oos-Londen verskyn. Die vertraging met die saak is weens logistieke uitdagings met die staatsaanklaer. Kupelo is uit op borgtog van 30-duisend-rand en word aangekla van bedrog, vervalsing en valse voorstelling ten opsigte van sy aanstelling by die provinsiale regering in 2002.
Vervalste matrieksertifikaatsaak teen Oos-Kaapse Gesondheidsdepartement-woordvoerder vertraag