Skip to content

Rusland sê Biden-administrasie rek oorlog in Oekraïne uit

# Rusland beskuldig Amerika dat hy die oorlog in Oekraïne uitrek deur meer wapens aan Kiev te verskaf voor Donald Trump by die Withuis intrek. Amerika gaan binnekort teenpersoneel-landmyne verskaf om sy verdediging op te skerp. Dit is die jongste vermeerdering van militêre voorrade wat president Joe Biden se administrasie aankondig na Trump se verkiesingsoorwinning. Trump was gedurende sy verkiesingsveldtog krities oor Amerikaanse steun vir Oekraïne en beweer hy sou binne slegs ure ʼn wapenstilstand beding.