# Vodacom sê hy gaan appelleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing oor vergoeding aan Nkosana Makate wat die “Please Call Me”-funksie geskep het. Regter Wendy Hughes het bevind Makate is geregtig op vyf-persent van die totale inkomste wat die produk tussen Maart 2001 en Maart 2021 verdien het. Makate het vroeër Vodacom se aanbod van 47-miljoen van die hand gewys nadat die Konstitusionele Hof in 2019 beveel het die selfoon-maatskappy moet te goeder trou oor gepaste vergoeding vir die uitvinding onderhandel. Vodacom hou vol sy onderhandelinge met Makate was te goeder trou.