# Die direkteur van Lifeline in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, Sinikiwe Biyela, sê byna 600 gevalle van geslagsgeweld word maandeliks aangemeld in die uMgungundlovu-distrik en dit werp nuwe lig op sogenaamde geestelike leiers se beweerde mishandeling van jong meisies. Die verslag verskyn ‘n week voor die jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders wat op 25 November afskop en tot 10 Desember duur. Hierdie godsdiensleiers teiken na bewering jong meisies tussen die ouderdomme van 13 en 17. Die aantal sake neem ook toe in Amajuba, Umzinyathi, Uthukela en die Harry Gwala-distrik.