# Die ANC in die Wes-Kaap sê hulle het versoek dat die staande komitee oor die Premier en Grondwetlike Sake en premier Alan Winde ‘n dringende vergadering moet belê oor die bewerings van seksuele wangedrag teen die geskorste LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz. Die ANC-opposisieleier in die wetgewer, Cameron Dugmore, sê dit is duidelik Winde sal heel waarskynlik nie verantwoording doen aan enige komitee nie. Hy verduidelik beide die komitee oor Gemeenskapsveiligheid en die Premier en Grondwetlike Sake het hul versoeke geweier.