# ‘n Onlangse verslag van die Internasionale Energie-agentskap sê in 2012 is sowat 130-duisend elektriese motors wêreldwyd verkoop, maar vandag word dieselfde hoeveelheid in ‘n week verkoop. Die verslag deur ‘n ontleder van Clean Energy Technologies, Leonardo Paoli, en hoof van die afdeling Energie-tegnologie-beleid, Timur Gül, verwys na ligte elektriese voertuie, wat passasiersmotors en ligte handelsvoertuie insluit. Dit sluit ook battery-gedrewe en hibriede inprop-voertuie in. Die navorsers reken daar is nou wêreldwyd sowat 16-miljoen elektriese motors op die pad, wat rofweg 30 terawatt-ure elektrisiteit per jaar gebruik.