# Afrika se vermaaklikheids- en mediasektor sal na verwagting die wêreldwye ekonomiese groei tussen 2024 en 2029 oortref. Volgens ‘n PwC verslag, Africa Entertainment and Media Outlook 2025–2029, lei Nigerië met ‘n groeikoers van 7,2-persent, terwyl Suid-Afrika met 3,5-persent en Kenia met 5,2-persent volg. PwC beklemtoon ‘n groot digitale verskuiwing wat gedryf word deur mobieleplatform-eerste verbruik, jeugbetrokkenheid en innovering met kunsmatige intelligensie. Nigerië se digitale advertensiebesteding sal na verwagting teen 2029, 84-persent bereik, wat Afrika se transformasie tot ‘n globale digitale kragbron aandui.
Verslag dui aan Afrika se vermaaklikheid- en mediasektor sal wêreldgroeikoers oortref