# Die Sanlam-stigting het die landbousektor se Vumelana-adviesraad gehelp met ‘n kontantinspuiting van vyfmiljoen-rand om die maatskappy sonder winsbejag by te staan om samewerking te skep tussen grondeienaars en beleggers. Die doel is om Suid-Afrika se grondhervormingsdoelwitte te bereik om beleggings te bevorder en werk te skep. Die stigting se uitvoerende hoof, Peter Setou, sê dit sal bydra om uitdagings te hanteer wat begunstigdes van grondhervorming in die gesig staar in pogings om hulle grond winsgewend te maak.