Skip to content

Verpleegkenner van UP verteenwoordig SA by BRICS-forum vir jong wetenskaplikes

# ʼn Senior verpleegdosent aan die Universiteit van Pretoria, Maurine Musie, verteenwoordig Suid-Afrika hierdie week by die BRICS-forum vir jong wetenskaplikes in Rusland. Sy sal ʼn voorlegging doen oor haar navorsing oor mobiele gesondheidstegnologie om verloskundige noodgevalle te hanteer. Die universiteit sê die navorsing gaan oor ernstige probleme wat swanger vroue in BRICS-lande ervaar waar ongelykheid in toegang tot gehaltesorg swangerskappe en neonatale uitkomste beïnvloed. Musie glo dis noodsaaklik dat BRICS-lande se wetenskaplikes saamwerk om globale kwessies aan te spreek.