Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Vermiste Kaapse vissers veilig en ongedeerd gevind

# Ses vissers is veilig en ongedeerd gevind nadat hulle sedert die naweek buite Kaapstad vermis is. Die NSRI sê bemanningslede van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se patrollievaartuig, die Ellen Khuzwayo, het hulle naby Kaappunt opgespoor ná ‘n groot soektog van meer as 80-seemyl. Hulle is glo in goeie gesondheid en nie beseer nie. ‘n NSRI-reddingstuig is vanaf Simonstad ontplooi om die mans na die hawe te begelei. Die vissers het Saterdag op hul opblaasboot uitgegaan.