# Die Gautengse polisie het bevestig die vermeende leier van die Varados-bende, Leroy “Finch” Brown, is noodlottig gewond buite die Virgin Active-gimnasium in Horizon, Roodepoort. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê Brown was op pad uit die gimnasium toe twee onbekende aanvallers hom genader en op hom losgebrand het. Die motief vir die skietery is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Dit is die tweede keer dat ʼn vermeende bendeleier in dieselfde omgewing vermoor is. Die vermeende leier van die Fast Guns, Keenen Sheldon Ebrahim, is in Februarie doodgeskiet.
Vermeende Varados-bendeleier is buite ‘n gimnasium in Roodepoort doodgeskiet