# ‘n Vermeende reeksmoordenaar wat weens ‘n aantal moorde in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Seshego Landdroshof in Polokwane, Limpopo verskyn, op aanklagte van ontvoering, moord, verkragting, regsverydeling en roof. Die 43-jarige verdagte is aanvanklik in hegtenis geneem weens die besit van ‘n gesteelde selfoon. Die polisie het later gevind dit behoort aan ‘n vrou wat verlede maand vermoedelik in Lebowakgomo ontvoer is. Die ondersoeke het gelei tot die ontdekking van sewe vroue se liggame op verskillende plekke in die omgewing van Seshego, Polokwane, Mankweng en Westenburg.