# Verkope in landboumasjinerie sal vanjaar waarskynlik laer wees as die vorige seisoen. In 2022 sal die moontlike vervanging van ouer masjinerie ook waarskynlik laer wees, aangesien verkope in nuwe masjinerie die afgelope twee jaar toegeneem het. Só sê die hoof-ekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo. Hy sê ‘n rede vir die laer verkoopsyfer is die oormatige reën oor die land heen sedert Oktober wat planttyd in sekere streke vertraag het. Hy sê voorlopige aanduidings is dat die seisoen swakker sal wees en verkope nie hoog nie.