Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Verkiesing 2024: UP werk saam met WNNR op projek wat waarsku teen aanlyn waninligting tydens verkiesing

# Navorsers van die Universiteit van Pretoria en die WNNR werk saam aan ‘n projek om aanlyn fopnuus tydens die verkiesing op te spoor en uit te wys. Suid-Afrikaners gaan op 29 Mei stembus toe. Die projek behels die gebruik van kunsmatige intelligensie om patrone te ontleed en fopnuus te identifiseer, en fokus ook op deurlopende inligtingversameling om aan te pas by ontwikkelende waninligtings-taktieke. Professor Vukosi Marivate van die universiteit sê die uitwerking van waninligting en fopnuus tydens die verkiesing hou ‘n beduidende bedreiging in vir maatskaplike samehorigheid en vertroue.