Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Verkiesing 2024: Suid-Afrikaanse Raad van Kerke vra regverdige verkiesing

# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke vra ʼn regverdige verkiesing wat vry is van geweld en intimidasie. Die raad het gister ʼn Nasionale Dag van Gebed in Soweto gehou in aanloop tot die algemene verkiesing later die maand. Sewentig partye en elf onafhanklike kandidate sal aan die verkiesing deelneem met 14-duisend-991 kandidate wat 887 setels in die nasionale en provinsiale wetgewers betwis. Die raad se president, aartsbiskop Thabo Makgoba, sê die nuwe leierskap moet gekenmerk word deur mense wat lief is vir die land.