Skip to content

Verkiesing 2024: Ramaphosa sê die regbank se onafhanklikheid moet gerespekteer word [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa sê hy respekteer die Verkiesingshof se beslissing oor oudpresident Jacob Zuma se kandidaatskap. Die hof het beslis Zuma kwalifiseer om tot die Nasionale Vergadering verkies te word, ten spyte van sy vonnis van 15 maande tronkstraf weens minagting van die hof. Die Verkiesingskommissie appelleer teen die beslissing en voer aan Zuma se vonnis diskwalifiseer hom om as Parlementslid te dien. Ramaphosa het gister ná sy boodskap by ʼn ANC-saamtrek in die Vrystaat gesê hy kan nie voorspel wat die land se regters gaan besluit nie:

ENG RamaphosaOnJudges