Skip to content

Verkiesing 2024: Patriotic Alliance sê hy is verbind tot die regering van nasionale eenheid

# Die Patriotic Alliance sê hy is steeds gewillig om aan ‘n regering van nasionale eenheid deel te neem en is in gesprek met ander politieke partye. Die party het 2,05-persent van die stemme in die verkiesing behaal, wat hom agt setels in die Parlement gee. Die partyleier, Gayton McKenzie, beweer sommige individue in die ANC probeer hard om hulle te oortuig om uit die regering van nasionale eenheid te bly, en president Cyril Ramaphosa uit die kussing te lig. Die party sê dit is nou tyd om politieke verskille te oorkom en op die land se ontwikkeling te fokus.