Skip to content

Verkiesing 2024: OVK verwerp die aantygings van stemknoeiery by stoorplekke in KZN & Mpum

# Die Verkiesingskommissie het bewerings van stemknoeiery by sy kantore in KwaZulu-Natal en Mpumalanga verwerp. Dit volg op video’s wat deur MK-partylede gesirkuleer is van beweerde bedrog by die OVK se stoorplek in Chesterville in KwaZulu-Natal en Hammarsdale in Mpumalanga. Die OVK sê die video’s beeld sy logistieke reëlings en berging van verkiesingsmateriaal uit terwyl hulle voorberei vir die eerste dag van spesiale stemming vandag. Die kommissie sê die stoorplekke word op ‘n 24-uur-basis bewaak.