Skip to content

Verkiesing 2024: OVK sê Zuma se foto bly op stembrief na hofbesluit

# Die Verkiesingskommissie sê oud-president Jacob Zuma se foto sal op stembriewe bly, al is sy naam verwyder as ‘n kandidaat van die MK-party. Dit volg op ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die kommissie se rol uitklaar oor kandidate vir die Nasionale Vergadering. Die hof het beslis Zuma kan nie terugkeer na die Parlement nie, omdat hy tot 15-maande tronkstraf gevonnis is vir minagting van die hof. Die uitspraak maak dit vir die kommissie moontlik om vir die verkiesing voor te berei sonder kommer oor regsuitdagings.