Skip to content

Verkiesing 2024: MK party van massa-vervalsing van handtekeninge beskuldig

# Die voormalige president, Jacob Zuma, se MK-party word beskuldig van die grootskaalse vervalsing van handtekeninge om vir die verkiesing te kwalifiseer. City Press berig die bewerings deur ‘n voormalige senior amptenaar van die party is verlede week by die Wes-Kaapse polisie ingedien. Lennox Ntsodo sê hy het ‘n span aangestel vir die massa-vervalsing van handtekeninge nadat die Verkiesingskommissie die MK-party se aanvanklike registrasie-aansoek verwerp het. Hulle het na bewering op bedrieglike wyse mense se name, identiteits- en telefoonnommers van die Kaapse Metro-raad-werksoekers verkry.