Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Verkiesing 2024: MK appelleer teen OVK se besluit om Zuma van kandidatelys te verwyder

# Die uMkhonto weSizwe Party het appèl aangeteken in die Verkiesingshof teen die besluit van die Verkiesingskommissie om oudpresident Jacob Zuma van sy kandidatelys te verwyder. Verlede week het die OVK ‘n beswaar gehandhaaf teen Zuma se kandidatuur, wat beteken dat hy gediskwalifiseer word om vir wetgewersetels te staan in die komende algemene verkiesing. Die MK-party het die OVK daarvan beskuldig dat hy nie kragtens die wet optree in die hantering van besware teen benoemde kandidate nie.