Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Verkiesing 2024: Minister Kiviet sê staatsdienswerkers sal hul pligte uitvoer, ongeag wie regeer

# Die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Noxolo Kiviet, sê die groter staatsdiens sal onaangeraak bly, indien ‘n heeltemal nuwe regering ná die algemene verkiesing van 29 Mei aan bewind sou kom. Sy het op ’n geskrewe parlementêre vraag van die DA gereageer. Die party het gevra watter stappe Kiviet se departement gedoen het om die staatsadministrasie voor te berei op ‘n gladde oordrag van politieke mag aan moontlik nuwe nasionale en provinsiale koalisieregerings. Die minister sê die staatsadministrasie sal beskerm word teen politieke inmenging en misbruik.