Skip to content

Verkiesing 2024: Mineraleraad verwelkom ANC se steun vir veelpartysamewerking 

# Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê hy is daartoe verbind om ekonomiese groei en maatskaplike verbetering onder ‘n nuwe regering te steun. Die raad verwelkom die ANC se oproep vir veelparty-samewerking om sleutelkwessies soos werkskepping, dienslewering en misdaad aan te spreek. Die raad staan ‘n samewerkende benadering voor tussen die regering, arbeid, die burgerlike samelewing en die privaat sektor, om beleggings veral in mynwese te lok. Allan Seccombe van die raad sê gesamentlike pogings met energie en infrastruktuur het reeds ‘n positiewe uitwerking.