Skip to content

Verkiesing 2024: Media Monitoring Africa waarsku fopnuus bedreig demokratiese verkiesing

# Media Monitoring Africa waarsku die toename in verkeerde inligting en fopnuus op sosiale media hou ‘n bedreiging in vir ‘n demokratiese verkiesing. Die organisasie werk saam met die Verkiesingskommissie om hierdie kwessies te bekamp deur inisiatiewe soos Real411, waarvolgens verkeerde inligting bekend gemaak word om ‘n geloofwaardige verkiesing te verseker. Die kommunikasiebestuurder, Nomshado Lubisi-Nkosinkulu, sê dit word al hoe moeiliker om die werklikheid van fopnuus te onderskei. Die land is aan die vooraand van sy  sewende demokratiese verkiesing en Lubisi-Nkosinkulu sê digitale skade is onvermydelik en kan die integriteit van die verkiesingsproses ondermyn.