Skip to content

Verkiesing 2024: Madonsela vra deursigtigheid met eise vir regering van nasionale eenheid

# Die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, vra politieke partye om hulle eise te onthul vir ‘n regering van nasionale eenheid. Sy beklemtoon die samelewing se belange, en sê kiesers het reeds voorwaardes gestel met die ANC se steun van 40-persent in die verkiesing. Madonsela het op Newzroom Afrika aangedring op deursigtigheid, soos met die veelparty-samesprekings voor 1994 se demokratiese verkiesing, en sê partye moet grondwetlik optree met hulle eise.