Skip to content

Verkiesing 2024: Lesufi sê meningspeilings wat sê ANC val tot onder 50% is verkeerd

# Die provinsiale ANC-voorsitter in Gauteng, Panyaza Lesufi, sê meningspeilings wat voorspel die party se steun gaan tot onder 50-persent daal, is verkeerd. Die party het die provinsie in 2019 behou met 50,19-persent. Meningspeilings voorspel ʼn koalisieregering in Gauteng is waarskynlik, maar nie gewaarborg nie. Lesufi sê mense wat hierdie peilings saamstel, grond dit op sosiale media of negatiewe beriggewing in die media. Hy voeg by hulle weet nie hoe die ANC sy veldtog voer nie.