Skip to content

Verkiesing 2024: Judges Matter sê die Nasionale Vergadering se eerste sitting sal voortgaan ondanks MK Party se boikot

# Die organisasie Judges Matter sê dit is onwaarskynlik dat die MK Party se dreigement om die eerste sitting van die Nasionale Vergadering te boikot, die verkiesing van ‘n nuwe president en speaker sal raak. Slegs 134 lede van die Nasionale Vergadering word vereis om vir die aanstelling van ‘n president, speaker en adjunk-speaker te stem. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê indien al 58 parlementslede van die MK Party nie opdaag nie en al die ander partye se verteenwoordigers wel, sal die Nasionale Vergadering 342 lede hê, meer as genoeg om ‘n kworum te vorm.