Skip to content

Verkiesing 2024: Hof beveel Zuma en MK-party om beëdigde verklarings in appèlsaak in te dien

# Die Konstitusionele Hof het ‘n bevel uitgereik in die Verkiesingskommissie se appèl teen die Verkiesingshof se beslissing rakende oudpresident Jacob Zuma se kandidatuur. Respondente, insluitend oudpresident Jacob Zuma en die MK-party, is aangesê om hul beëdigde verklarings in reaksie op die aansoek teen môre in te dien. Zuma is aanvanklik kandidatuur geweier omdat hy in 2021 skuldig bevind is aan minagting en tronkstraf uitgedien het. Die Verkiesingshof het egter ’n aansoek van Zuma en die MK Party toegestaan.