Skip to content

Verkiesing 2024: DA gaan klag indien by Openbare Beskermer oor verkiesingsmanipulasie

# Die DA sê hy gaan ‘n klagte by die Openbare Beskermer indien omdat die ANC openbare hulpbronne misbruik vir verkiesingsmanipulasie. Die party sê die ANC en sy president, Cyril Ramaphosa, manipuleer Suid-Afrikaners met beloftes oor werkskepping deur ʼn skema wat deur belastingbetalers befonds word. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Ramaphosa het die naweek tydens ʼn ANC-veldtog 500-duisend werksgeleenthede en vaardigheidsopleiding as deel van die skema beloof. Hy sê die regerende party moet aanspreeklik gehou word.