Skip to content

Verkiesing 2024: DA en IVP gaan aan leierskap verslag doen oor ANC-voorstel vir regering van nasionale eenheid

# Die DA en die IVP sal vandag hulle leiers op die hoogte bring oor die voorstel van die ANC oor ‘n regering van nasionale eenheid. Dit volg na voortgesette onderhandelings terwyl die spertyd vir die samestelling van ‘n nuwe regering nader kruip nadat die ANC nie ‘n volstrekte meerderheid in die verkiesing kon behaal nie. Die DA gaan aan sy federale uitvoerende raad verslag doen terwyl die IVP ‘n spesiale vergadering van sy uitvoerende komitee gaan hou om die voorstel te bespreek.