Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Verkiesing 2024: Cope stel verkiesingsmanifes-bekendstelling uit

# Die Congress of the People het vandag se bekendstelling van sy manifes in Hammanskraal, Tshwane, uitgestel weens kapasiteitskwessies. Cope sê die party se nasionale uitvoerende komitee het die besluit geneem nadat die aantal verwagte ondersteuners toegeneem het. Die komitee sê dit kon gelei het tot samedromming, wat ‘n stormloop kon veroorsaak het. Die president van Cope Mosiuoa Lekota gee die versekering die party bly veerkragtig. ‘n Nuwe datum vir die bekendstelling is nog nie aangekondig nie.