Skip to content

Verkiesing 2024: Bykans 50-persent van 7de Parlement se lede is jonger as 50

# Die sekretaris van die Parlement, Xolile George, het bekendgemaak bykans 50-persent van die 7de Parlement se lede is jonger as 50. Na die verkiesingsuitslae en die weglating van sommige LP’s, is jonger lede nou beter verteenwoordig. George het ook bevestig geslagsgelykheid in die nuwe Parlement het van 45,6-persent tot 43,5-persent gedaal, gemeet aan die verteenwoordiging van vroue. Dit is ‘n bron van kommer want vroue is die meerderheid onder kiesers. George het aangedui lede van die Parlement sal by die Internasionale Konvensiesentrum in Kaapstad ingehuldig word.