Skip to content

Verkiesing 2024: Business Leadership SA sê koalisievennote het ‘n geleentheid om vertroue te vestig

# Business Leadership South Africa sê politieke partye moet ‘n ooreenkoms sluit wat burgers oortuig dat dit doeltreffende regering ondersteun. Die ANC het ‘n regering van nasionale eenheid voorgestel nadat hy nie daarin geslaag het om ‘n parlementêre meerderheid te verseker nie. Die hoofbestuurder van BLSA, Busiswe Mavuso sê koalisievennote het nou ‘n geleentheid om vertroue te vestig. Sy sê daar is ‘n behoefte aan hervormings om voortdurende beurtkrag te stuit, die probleme by hawens en die spoorweë aan te spreek en die doeltreffendheid van die strafregstelsel te verbeter.